DOLFYNTJIE KLEUTERSKOOL

Krappieklas (4-5 jaar) 7h30 – 12h20

Ons is bevooreg om in hierdie klas ‘n opgeleide Pre-Primêre onderwyseres te kan hê.  Indien daar enige kleuters is wat leerprobleme ondervind kan ons dit reeds in hierdie klassie optel en die nodige professionele hulp kry.  Die Krappieklas lewer ‘n waardevolle bydrae tot die vorming van kleuters vir Graad R.  Tannie Judi het haar Verdere Diploma in Onderwys in Pre-Primêr (VDO PPR) aan die Bloemfonteinse Onderwyskollege (BOK) behaal en het reeds 27 jaar ondervinding.
 
 
 

Judi van der Linde