DOLFYNTJIE KLEUTERSKOOL

Dinosourklas (5-6 jaar) 7h30 – 12h30

Die skoolhoof is verantwoordelik vir die Gr R klassie.  Hulle volg die CAPS onderrig soos voorgeskryf deur die Onderwysdepartement.  Kleingroepie assessering vind daagliks plaas.  Sy sal saam met die personeel ‘n rustige en spesiale atmosfeer skep sodat die klein Dinosours kan groei en ontwikkel tot kleuters wat hulle skoolloopbaan met selfvertroue sal aanpak.  Sy het haar HOD Pre-Primêre kwalifikasie aan die Graaff-Reinetse Onderwyserskollege behaal het  reeds 30 jaar ondervinding in Graad R.

Marelize Botha